Afrikaans & Niederländisch Kos en nagereg resepte

WAT MAAK VET…..?
Al die lekker souse, die bredies en die pap,
al die stukkies vet in elke hap!
Koeke, terte en vleispasteie,
alles wat die oe sien, al die lekkernye!
My klere span – my broek bars uit sy nate –
ek voel so selfbewus en verlate!
O! die ewige stryd met die dieet –
alles wat ek sien wil ek net (vr)eet!
Die drang na kos wil my nie los –
soos ‘n roofdier se lus na vleis – in die bos!
Ek kry myself jammer – ek kan myself nie keer,
die eetlus kan ek glad nie ignoreer!
Die tuisnywerheid is onweerstaanbaar-
hoekom moet ek net koek eet as ek verjaar ?
Varsgebakte brode, konfyt en smere –
my mond kwyl en my maagsappe gaan te kere!
Ek wurg aan rou groente en blare – ‘n nagmerrie droom!
ek soek kaas, soetgoed, stysel en room.
Om nie te praat van die heerlike braaivleis –
en die geurige bobotie in die plaaskombuis!
Wie se vet is teen die wet?
Ek slaap lekker op my eie dubbelbed!

Hoe maak ons Frikadelle
lyk so lekker
Wat kan lekkerder wees ...
Wat kan lekkerder wees
as warm tuisgebakte brood,
met botter wat smeltend,
weg suibel in sagte snye
oortrek met moskonfyt
Wat kan lekkerder wees
as vars, smelt in die mond
sagte, ronde mosbolletjies
Wat kan lekkerder wees
as skaap tjoppie wat
sisselend sing op die kole,
en 'n stukkie wors daarby
Wat kan lekkerder wees
as 'n lekker stukkie
skilpadjie of pofadder
gaar gesus oor die kole
Wat kan lekkerder wees
om die nuwe dag te groet
met 'n koppie boeretroos
En 'n stukkie beskuit
Wat kan lekkerder wees
as lekker mieliepap
en kaiings
wat in jou mond veroorsaak
'n krakkende smaak ontploffing

Hoe maak ons kamvuur riereiers
lyk so kekker

lyk so lekker

Kom ons eet in afrikaans
jou knoffelbotter bredie bek
aspersie-spek gebraai, gedek
gestoom, laat prut, oond voorverhit..
eet ons in afrikaans tot ons versadig is.
jou brose, liplose tamatie roomsop...
boontjies en klontjies
en alles wat lok -
roer jou, sout jou, meet en gooi
dis die maag, nie die hart wat ons om daardie pinkie toi-toi...
gestoom, laat prut, oond voorverhit..
eet ons in afrikaans tot ons versadig is.

Hoe maak ons Geroosterde blomkool, brie- en eiergebak, met saffraanstroop
lyk so lekker

lyk so lekker

Soete Spys
Het ‘n nuwe resepteboek gekry, ek moet jou dit wys.
Resepte vir hertzoggies en kolwyntjies,
truffels, fudge en koekies met rosyntjies.
Daai beskuit wat Ouma gemaak het met anys
en ‘n nuwe wafel resep met jougurt of roomys.
Verjaarsdagkoeke, grootes en kleintjies
en ideale peuselhappies vir sjokolade fonteintjies.
My mond water van net kyk na al die soete spys.
Genoeg met die oë geproe, ek voel nou lus om iets te maak.
Sit die oond aan, ek begin solank die panne smeer.
Die mengbakke is daar onder en die bestanddele in die spens.
Onthou die ekstra knypie liefde, dit gee ‘n spesiale smaak.
Sit sommer die ketel ook aan, dan maak ek vir ons tee.
‘n Bietjie bak en brou doen wondere vir die siel van ‘n mens
