PAMELA'S RECIPES HOMEPAGE

6. Alle soorte Pizza en Pasteie Resepte

Pizza met chorizo en kruiden

Niederländisch

Ingrediënten
Garnering
175 g Bol verse morzarella in stukjes
2 teentjes knoflook

1 ui

0,5 groene chilipeper

0,5 chilipeper
50 g tomatenpuree
1 blikje gepelde tomaten
0,5 tl. suiker
0,5 tl. zout
1 tl. balsamicoazijn
150 g kerstomaatjes
80 g chorizo
oregano / basilicum / rozemarijn (optioneel)

Deeg
2 dl water
2 eetl. olijfolie
12,5 g gist
320 g bloem
1 tl. Zout
Voeg die heerlijke gesmolten kaas toe die op elke pizza thuishoort.

Deeg
Meng de droge ingrediënten 10 minuten met een garde of handmixer met deeghaken. Voeg beetje bij beetje het water en de olijfolie erbij. Doe het zout erbij en kneed ongeveer 30 seconden. Zet het deeg daarna ten minste 2 uur in de koelkast. Bestrooi het werkoppervlak met durum bloem en kneed het deeg met vochtige handen. Spreid het deeg met een deegroller heel dun uit op een stuk bakpapier op de bakplaat. (u kunt de vorm zelf bepalen: rond, vierkant of wat u maar wilt).

Garnering
o De oven voorverwarmen op 275 °C – 300 °C o Fruit de knoflook, ui en chilipeper 2 minuten in olijfolie. Voeg dan de tomatenpuree en een theelepel balsamicoazijn toe en laat het nog 2 minuten sudderen Doe de gepelde tomaten erbij en laat dit ongeveer 5 minuten sudderen op middelhoog vuur. Voeg de suiker en het zout aan de saus toe en meng goed. Snijd ongeveer 20 – 25 kerstomaatjes in dunne plakjes en doe deze bij de saus. Spreid de tomatensaus over het deeg uit. Strooi een ruime hoeveelheid mozzarella over de pizza. Versier de pizza met de plakjes chorizo. Zet de pizza 2 – 3 minuten in de oven totdat de kaas smelt en er zich een knapperig korstje begint te vormen. Eventueel kunt u het geheel afmaken met wat gehakte kruiden.

Twist
Niet alleen geeft Apetina Shredded Mozzarella de pizza een milde smaak als tegenhanger voor de chorizo, het is ook een heerlijke draderige kaas die eigenlijk in elk hapje pizza zou moeten zitten.

Portie
Dien de pizza op op een dienblad, een houten plank of een groot bord zodat hij gemakkelijk in stukken gesneden kan worden.


GESONDE HONEDERPASTEI

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 30 minute
Gaarmaaktyd: 30-40 minute

BESTANDELE
5 hoenderborsfilette sonder vel
sout en peper
sap en skil van 1 suurlemoen
250 g sampioene, in skyfies gesny
olie
1 groot pak (200 g) spinasie, stamme uitgesny
3 eiers, geklits
250 g gladde maaskaas
250 ml (1 k) gerasperde laevet-mozzarella- of -cheddarkaas

METODE
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondvaste bak.
Geur die hoender met die sout, peper, suurlemoensapen skil. Plaas in ’n stomer en stoom 57 minute tot gaar. Pluis tot fyn.
Braai die sampioene in ’n klein bietjie olie tot net sag. Voeg die spinasie by en verhit tot die spinasie verwelk het.
Klits die eiers en maaskaas saam.
Meng die hoender en groente liggies met die maaskaasmengsel en skep in die voorbereide bak. sprinkel die kaas oor en bak 30-40 minute of tot die eier gestol en die kaas gesmelt het.
Sit voor met slaai.


HOENDER PASTEIE

BESTANDELE
1 groot hoenderfyn gekook en ontbeen
1 Pakkie Sampioene opgesny en in botter gebraai
600 gr Aartappel blokkies
10 ml Hoenderspeserye
10 ml Sout
10 ml Peper

METODE
Kook alles saam (behalwe die sampioene) tot die aartappel blokkies lekker sag is
As die aartappels sag is voeg die sampioene by

BIND MET DIE VOLGENDE:
1 pakkie hoender room sop
1 pakkie sampioen room sop
15 ml koekmeel

METODE
Kook deur en laat afkoel. Die vulsel moet heeltemal koud wees voor jy dit in jou deeg skep Gebruik gekoopte deeg of deeg wat jy self maak .Rol uit en "line" elke bakkie uit met uigerolde deeg skep nou die vulsel in en sit dan 'n deeg "doppie" op Druk goed vas met 'n vurk om die rante Bak by 160°C tot deeg ligbruin verkleur en gaar is (ongeveer 'n uur)


BACON/ SPEK ROL

BESTANDELE
1 blaardeeg/puff pastry – dun uitgerol
1 pak spek gesnipper
1 x 125 g fyn gekapte sampioene
½ green pepper
3 tot 4 snye ham repies gesny
1 fyn gekapte ui
1 wiel fetta kaas

SO MAAK JY
Braai alles tot gaar. Smeer oor blaardeeg Gerasperde gouda, mozarella, cheddar kaas
Strooi laag cheddar, laag gouda en laag mozarella (dun lagies) rol soos rolkoek op. Sny snitte vertikaal in blaardeeg. Smeer bietjie melk of mayonaise of eier oor. Bak vir 45 minute by 180 grade tot gaar en goudbruin.Werk mooi met jou deeg, moenie dt dit iewers skeur nie, anders kook jou mengsel uit.

Hoenderquiche

LEWER 1 MIDDELSLAGQUICHE
Bereiding: 20 min.
Staan: 30 min.
Gaarmaak: 55 min.

KORS
225 g koekmeel, gesif
2 ml (½ t) droë
gemengde kruie
150 g botter
1 eier
1 eiergeel
10 ml (2 t) melk

VULSEL
10 ml (2 t) olyfolie
125 g sampioene, in skywe gesny
1 rooi-ui, in halwe ringe
1 knoffelhuisie, fyngedruk
5 ml (1 t) geroosterde masala
sout en vars gemaalde peper
2 gaar hoenderborsfilette, versnipper
250 ml (1 k) room
3 eiers
vars preie, gekap

Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n 20 cm-tertpan met kossproei.
Kors Meng die meel en kruie en vryf die botter in tot dit soos broodkrummels lyk. Klits die eier, eiergeel en melk saam en giet dit by die meel in. Meng goed tot dit ’n bal deeg vorm. Verkoel 30 min.
Druk die deeg in die pan. Bak 15 min. blind. Haal uit en laat afkoel.
Vulsel Verhit die olie en braai die sampioene, uie en knoffel tot goudkleurig. Voeg die masala by, geur met die sout en vars gemaalde peper en voeg die hoender by. Roerbraai sowat 1 min. Skep die hoendermengsel in die kors. Klits die room en eiers saam en giet dit oor die hoender. Bak 20 min. onbedek in die oond en nog 15-20 min. bedek tot geset. Garneer met die gekapte preie en sit voor.

Patat-en-botterskorsie-pasteie

Lewer 8
Bereiding: 15 min.
Verkoel: 30 min.
Gaarmaak: 45 min.

1 eier, geklits
JOGURTDEEG
560 ml (2¼ k) meel, plus ekstra vir bestuif
’n knippie sout
200 g botter, koud
500 ml (2 k) gewone jogurt

VULSEL
30 ml (2 e) olie
1 ui, gekap
1 knoffelhuisie, fyngedruk
5 ml (1 t) kerriepoeier
200 g patat, geskil en in blokkies gesny
200 g botterskorsie, in blokkies gesny
160 ml (⅔ k) groente-aftreksel
sout en peper
’n hand vol koljander, gekap

Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n bakplaat met bakpapier uit. Jogurtdeeg Sif die meel en sout in ’n bak en rasper die botter daaroor. Vryf dit botter by die meel in tot dit soos broodkrummels lyk. Roer die jogurt in en knie liggies om ’n deeg te vorm. Voeg nog meel by indien nodig. Verdeel in die helfte, bedek elke stuk met kleefplastiek en verkoel 30 min. of tot ferm. Bestuif 1 stuk deeg met meel en rol uit op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is. Sny sirkels uit die deeg. Herhaal met die oorblywende deeg. Vulsel Soteer die ui oor matige hitte in ’n kastrol, roer die knoffel en kerriepoeier in en voeg dan die groente by. Giet die aftreksel in en geur met sout en peper. Bedek en laat prut 20 min. of tot die groente deurgaar is. Maak die mengsel grof fyn met ’n aartappelfynmaker, roer die koljander in en proe die geursel. Laat heeltemal afkoel. Skep 45 ml (3 e) vulsel op die helfte van die deegsirkels, verf die rande met eier en bedek met die oorblywende deegsirkels. Pak op ’n bakplaat. Herhaal die proses tot al die deeg gebruik is. Verf met eier, maak 3 splete bo-op elke pastei en bak 20 min. of tot goudbruin.



Tamatie-en-mozzarella-tert

GENOEG VIR 6 MENSE
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 25-30 min.


BESTANDELE
1 rol skilferkorsdeeg, ontdooi
60 ml (¼ k) matige mosterd
15 ml (1 e) vars tiemieblare
80 ml (¹⁄₃ k) gerasperde parmesaankaas
4 baie ryp tamaties, in skywe gesny en liggies gesout
3 stukke buffelmozzarella, gesny
sout en vars gemaalde swartpeper
15 ml (1 e) ekstrasuiwer olyfolie
hand vol vars basilieblare vir garnering

Metode
Voorverhit die oond tot 200 °C.
Voer ’n randpan uit met ’n vel waspapier. Gebruik ’n klont botter om die papier aan die pan te laat kleef. Rol die deeg oop en plaas dit op die papier. Moenie ’n roller gebruik nie omdat jy dit nie te dun wil hê nie. Gebruik die
agterkant van ’n lepel om die mosterd op die deegbasis te smeer. Meng die tiemieblare met die parmesaankaas, strooi oor die mosterdlaag en bedek met die tamatieskywe. Plaas die gesnyde mozzarella bo-oor. Geur liggies met die sout en peper. Oondbak die tert 25 min. of tot die deeg mooi opgepof is en ’n romerige karamelkleur kry. Haal uit die oond, giet die olyfolie oor en garneer met die vars basilieblare. Sny en sit dadelik voor.



 

Smulsoet calzone met groenvye

GENOEG VIR 6 MENSE
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 15-20 minute

BESTANDELE
1 rol (400 g) skilferkorsdeeg, ontdooi
paar skeppe roomkaas
1 camembertkaas, gehalveer
4-6 groenvye, in skywe gesny
goeie hand vol gemengde neute (nie grondbone nie)
1 geklitste eiergeel

METODE
Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n bakplaat. Rol die skilferkors effens dunner uit en sny netjies in ’n reghoek.
Smeer die roomkaas oor. Plaas die camembert in die middel. Pak die groenvye op en sprinkel neute ruimskoots oor.
Bring die lang sykante na bo en knyp toe. Verseël. Verf met eiergeel. Bak sowat 20 minute tot die skilferkors gaar is.


Tamatie-en-mozzarella-tert

GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 15-20 min.

BESTANDELE
 250 g filodeeg
45 ml (3 e) botter, gesmelt

KAASMENGSEL
150 g ricottakaas
250 ml (1 k) gerasperde mozzarellakaas
1 wiel fetakaas, gekrummel
1 ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
vars gemaalde peper

BOLAAG
4-6 murgpampoentjies
125 g kersietamaties, gehalveer

METODE
Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer ’n bakplaat uit met bakpapier en bespuit met kossproei.
Plaas 4 velle filodeeg wat met botter gesmeer is op mekaar en plaas op die bakplaat. Vou die kante van die filodeeg effens in sodat dit ’n rand vorm. Kaasmengsel Meng al die bestanddele en geur met die peper. Versprei die mengsel in die filodeeg. Bolaag Sny die murgpampoentjies in linte met ’n groenteskiller en versprei oor die kaasmengsel. Pak die tamaties op en verf die rand van die filodeeg ook met die botter. Bak 15-20 min. in die verhitte oond of tot die deeg goudbruin is. Sprinkel vars basilieblare* oor, sny in skywe en sit voor.


 

Uitmekaartrekbrood

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 30 minute
Staantyd: sowat 15 minute
Gaarmaaktyd: sowat 50 minute

 BESTANDELE
400 g gekoopte broskorsdeeg, ontdooi
500 g botterskorsieblokkies
sout en peper
olyfolie
2 preie, fyn gesny
125 g spek, in blokkies gesny
150 g fetakaasblokkies
2 eiers
2 eiergele
250 ml (1 k) room of melk

 METODE
Voorverhit die oond tot 220 °C.  Rol die deeg liggies uit op ’n meelbestrooide werkoppervlak en voer ’n middelslag-quichepan of ’n paar kleiner pannetjies daarmee uit. Laat die deeg ’n paar minute in die yskas staan. Prik die kors en bak die deeg sowat 10 minute blind (met bakpapier en droëbone op die deeg). Verwyder die papier en die bone en bak nog 2 minute. Plaas die botterskorsie in ’n oondbak, geur met sout en peper en bedruip met olie. Bak sowat 20 minute of tot gaar. Braai intussen die preie en spek tot goudbruin en bros. Hou eenkant. Verlaag die hitte tot 180 °C. Skep die botterskorsie, preie, spek en fetakaas in die pan. Meng die eiers, eiergele en room of melk en geur met sout en peper. Giet dit oor die botterskorsie-en-spekvulsel. Moenie te veel eiermengsel ingiet nie; dit sal oorloop en mors. Bak die tertjies 20-30 minute of tot gaar.


BOBOTIE PASTEI

Genoeg vir 6 - 8.

BESTANDELE
2 uie - grofgekap
2 knoffelhuisies - gekap
50 ml olyfolie
15 ml masala
15 ml fyn koljander
30 ml kerriepoeier
5 ml borrie
1 kg beesmaalvleis
1 x 400 g blik tamaties
sout en varsgemaalde swartpeper
50 ml melk
3 eiers
4 lourierblare
2 vierkantige velle blaardeeg


METODE
Verhit oond tot 180 ° C. Braai uie en knoffel saam in olyfolie in ’n warm pan tot dit begin verbruin. Voeg al die speserye by en braai vir nog 5 minute. Voeg maalvleis by en braai tot gaar en opgebreek, sowat 10 minute, terwyl jy heeltyd roer.
Voeg tamaties by, geur met sout en peper, verlaag hitte en laat prut vir 25 - 30 minute. Plaas vleismengsel in oondvaste bak van 20 x 15 cm. Meng melk en eiers en gooi oor. Druk lourierblare in. Plaas 2 velle blaardeeg op mekaar bo oor.
Vou die deeg wat oorhang ruweg na binne. Gebruik skerp mes en maak vlak snytjies 1 cm uitmekaar in ’n diamantpatroon in die deeg. Klits oorblywende eier en verf deeg daarmee. Bak vir 25 – 30 minute of tot goudbruin en gaar. Sit voor met perskeblatjang.

BEESSKENKEL PASTEITJIES

Genoeg vir 8

BESTANDELE
250 ml (1 k) koekmeel
sout en gemaalde swartpeper
1 kg gesnyde beesskenkel
30 ml (2 e) olyfolie
1 ui, gekap
1 selderystingel, fyn gekap
1 wortel, geskil en gerasper
1 knoffelhuisie, gekneus
60 ml (¼ k) rooiwyn
500 ml (2 k) beesaftreksel
1 x 410 g-blik heel geskilde tamaties, fyn gedruk
1 lourierblaar
slein hand vol tiemieblare
30 ml (2 e) mielieblom (Maizena)
60 ml (¼ k) water
2 x 400 g rolle skilferkorsdeeg
1 eier, geklop

METODE
Geur die koekmeel na smaak en rol die skenkels daarin. Verhit die olie oor hoë hitte en braai die skenkels daarin tot oral oor goudbruin. Haal uit en hou eenkant. Braai die ui, seldery, wortel en knoffel vir 5 min. in dieselfde kastrol tot sag. Gooi die rooiwyn by en dan die aftreksel, tamaties, lourierblaar en tiemie. Bedek en prut vir 2½ uur of tot die vleis van die been afval. Geur na smaak. Meng die mielieblom en water tot ’n gladde pasta. Meng deur die vleismengsel en prut vir 10 min. Laat heeltemal afkoel en haal al die bene uit. Voorverhit die oond tot 200 °C. Spuit 8 dariole- of ander oondvaste bakkies met ’n inhoudsmaat van 1 koppie elk met kleefwerende kossproei. Rol die skilferkorsdeeg effens platter (maar steeds reghoekig) uit. Sny 1 van die rolle deeg in 6 ewe groot vierkante. Sny nog 2 ewe groot vierkante uit die ander rol deeg.
Voer die bakkies met die deegvierkante uit. Sny die deeg wat oorhang af, maar los ’n randjie van sowat 1 mm deeg wat bo die bakkies uitsteek. Skep die vleismengsel in die bakkies.
Druk met ’n ronde koekiedrukker 8 sirkels so groot soos die bakkies uit die res van die deeg. Druk ’n klein sirkel van 1 cm uit die middel van elke sirkel. Verf die eier om die rande van die deegsirkels en druk op elke pastei vas. Sit twee vingers op die rand van die pastei en trek met ’n ander vinger die deeg tussen die twee vingers op om ’n kartelpatroon te maak. Verf die pasteie met die eier en bak vir 20-30 min. Tot goudbruin. Keer uit en sit met blatjang voor.




W3.CSS Template


This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website?
Sign up for free