PAMELA'S RECIPES HOMEPAGE

3. Alle soorte Potjiekos resepte

 

SKAAPNEK POTJIE

Bestanddele

Skaapnektjops, volgens behoefte.
2 Groot Uie, in skywe gesny.
2 Pakke Knopie Sampioene.
Groenboontjies, in stukke gesny ('volstruiskos' volgens my ma).
Geelwortels, ditto.
4 Groot Artappels, gehalveer.
'n Halwe hand Roosmaryn.
'n Goeie knyp Oreganum.
Growwe Peper, varsgemaal.
Sout.
4 Lourierblare.
'n Halwe bottel Soja Sous.
2 Skeppe Botter.
6 Bottels Rooiwyn (minimum).

Metode

Net voor die afskop steek jy die vuur aan. Dit moet goeie vuurmaakhout, verkieslik Hardekool wees, maar afhangend van waar jy jou bevind, sal kameeldoring, wingerdstompie of mieliestronke ook deug.

Maak 'n bottel rooiwyn oop, en geniet die rugby. Rustyd sit jy die pot op die vuur, en stook hom nog 'n bietjie. Maak die 2de bottel oop (die 3de as die Bokke goed voor is). Na die wedstryd skuif julle vuur toe, en maak die volgende bottel oop. Bespreek die wedstryd.

As die bottel klaar is, skree jy vir vroulief om die volgende een, asook die vleis, botter, 'n handvol uie en die roerlepel te bring. Sit bestanddele in die pot, en roer vinnig. Druk nou jou hand in yswater, want jy het vergeet om te sê sy moet die vatlappie saam bring. Drink nou die volgende bottel, terwyl die vleis kookbraai in sy eie sous. Roer so nou en dan sodat hy nie aanbrand nie.

As die bottel klaar is, gaan haal jy self die volgende een, en die res van die bestanddele. Vra vir vroulief of sy 'n ou potbroodjie of 'n rysie gaan maak. Ignoreer haar kyk. Pak nou die sampioene, wortels, boontjies en uie in lae op die vleis. Strooi die speserye oor. Pak die artappels bo-op. Gooi die sojasous en 'n halwe bottel wyn by. (Jy kan bokswyn ook gebruik, maar oppas vir een wat jou vrou 'n jaar lank in 'n kas laat staan het - 'n ou mors nie goeie asyn nie, vra my!). Gooi sout en peper, en plaas die lourierblare op. Kuier rustig voort, maar luister vir daai pot - hy moet met jou gesels. 'n Stil pot beteken hy is besig om te brand, of daar gaan bokkerôl aan. MOENIE ROER NIE!




 



DIE PAARLBERG-POT

Vleis
1 kg skaapskenkels
½ kg skaapnek
½ kg skaapdunrib
12 skaapstertjies

Groente
2 groot uie, fyn gekap
300 g sampioene
3 bakhande vol gekerfde groenbone
2 groot tamaties, in kwarte gesny
1 groen soetrissie, grof gekap
5 wortels, gesny
3 koppies groenertjies
2 selderystingels, gesny
1 groot raap, in ringe gesny
6 vlapampoentjies, in kwarte gesny
2 hande vol pietersielie, fyn gekap
10 klein aartappels, heel en geskil

Geurmiddels
½ glas droë witwyn
8 heel naeltjies
10 wonderpeperkorreltjies
½ teelepel sout
½ teelepel grofgemaalde swartpeper
1 kaneelstokkie
1 klein rooi brandrissie
4 knoffelhuisies, fyn gekap
'n paar takkies vars tiemie

Metode
Braai die skaapstertjies in ’n bietjie olie in die pot.
Sodra die vet uit die sterte kom, voeg die res van die vleis by en braai dit totdat dit bruin word.
Voeg al die geurmiddels by die vleis en braai alles saam vir ’n halfuur.
As dinge droog begin lyk, kan jy water of wyn bygooi. Jou vleis moet in ’n sousie swem.
Ná ’n halfuur pak jy die groente bo-op die vleis, in die volgorde soos dit genoem word.
Die pot word nie nou geroer nie. Laat hom vir sowat twee uur prut.
Hou die pot toe, maar skuif die deksel elke halfuur vir 5 minute half-oop sodat die rook die kos kan geur. Roer die pot net voor bediening één keer voordat jy dit met rys voorsit.
Kultuur het nog nooit so lekker gesmaak nie.


SKAAPNEK POTJIE

BESTANDDELE
Skaapnektjops, volgens behoefte.
2 Groot Uie, in skywe gesny.
2 Pakke Knopie Sampioene.
Groenboontjies, in stukke gesny ('volstruiskos' volgens my ma).
Geelwortels, ditto.
4 Groot Artappels, gehalveer.
'n Halwe hand Roosmaryn.
'n Goeie knyp Oreganum.
Growwe Peper, varsgemaal.
Sout.
4 Lourierblare.
'n Halwe bottel Soja Sous.
2 Skeppe Botter.
6 Bottels Rooiwyn (minimum).

METODE
Net voor die afskop steek jy die vuur aan. Dit moet goeie vuurmaakhout, verkieslik Hardekool wees, maar afhangend van waar jy jou bevind, sal kameeldoring, wingerdstompie of mieliestronke ook deug.
Maak 'n bottel rooiwyn oop, en geniet die rugby. Rustyd sit jy die pot op die vuur, en stook hom nog 'n bietjie. Maak die 2de bottel oop (die 3de as die Bokke goed voor is). Na die wedstryd skuif julle vuur toe, en maak die volgende bottel oop. Bespreek die wedstryd.
As die bottel klaar is, skree jy vir vroulief om die volgende een, asook die vleis, botter, 'n handvol uie en die roerlepel te bring. Sit bestanddele in die pot, en roer vinnig. Druk nou jou hand in yswater, want jy het vergeet om te sê sy moet die vatlappie saam bring. Drink nou die volgende bottel, terwyl die vleis kookbraai in sy eie sous. Roer so nou en dan sodat hy nie aanbrand nie.
As die bottel klaar is, gaan haal jy self die volgende een, en die res van die bestanddele. Vra vir vroulief of sy 'n ou potbroodjie of 'n rysie gaan maak. Ignoreer haar kyk. Pak nou die sampioene, wortels, boontjies en uie in lae op die vleis. Strooi die speserye oor. Pak die artappels bo-op. Gooi die sojasous en 'n halwe bottel wyn by. (Jy kan bokswyn ook gebruik, maar oppas vir een wat jou vrou 'n jaar lank in 'n kas laat staan het - 'n ou mors nie goeie asyn nie, vra my!). Gooi sout en peper, en plaas die lourierblare op. Kuier rustig voort, maar luister vir daai pot - hy moet met jou gesels. 'n Stil pot beteken hy is besig om te brand, of daar gaan bokkerôl aan. MOENIE ROER NIE!
As die laaste bottel klaar is, behoort die pot gaar te wees, en jy ook. Nou kan julle maar skep.
(As almal intussen aan die slaap geraak het, kan jy hom laat oorstaan tot die volgende oggend - dan sal hy éérs lekker wees!)


Paarlse Kerrie-pot

(Wenk: Die basis van enige goeie kerrie, ‘n ordentlike Kerriepoeier.
Koop dan gerus heel speserye en maak jou eie kerriemengsel. Die bestanddele kan of in ‘n vysel en stamper
fyngemaak word, of in ‘n koffiemeul.)

Bestanddele vir kerrie-poeier
2 eetlepels koljandersaad
2 eetlepels komyn
2 eetlepels kardomomsade
3 kaneelstokkies
1 teelepel naeltjie
gemaalde neutmuskaat
4 droë rissies (as jy dit nie die hande kan kry nie, gebruik een
eetlepel rissiepoeier)
1 teelepel swatpeper

Metode
Voeg by die fyngemaalde mengsel 'n teelepel borrie, asook 4
heel steranys-sade.
Res van die bestanddele:
4 heel lamskenkels, (die van die boude of jou keuse van snit)
1 groot fyngekapte uie
3 fyngekapte wortels
1 bos seldery, fyngekap
3 knoffelhuisies, fyngekap
1 vars gemmer (ongeveer 3 sentimeter lank geskil en
fyngekap)
1 blik tamaties
175 ml gewone jogurt
175 ml klappermelk
3 piesangs opgekap
baba-wortels
baba-aartapels, geskil
sout vir smaak
meel vir poeier

Metode
Vryf 'n bietjie kerrie-poeier oor die skenkels en poeier hulle dan met die meel.
Gooi ongeveer 'n kwart koppie olie in die pot en laat dit goed warm raak.
Plaas die skenkels versigting in die olie en laat dit mooi bruin word aan beide kante.
Wanneer hulle goudbruin is, voeg die fyngekapte groente by, sowel as die knoffel en gemmer. Na so twee minute se braai, voeg twee eetlepels kerriepoeier by en meng alles goed saam in die pot.
Die rede waarom die kerriepoeier eers 'n bietjie gebraai word ,is dat dit die geure van die kerrie uitbring.
Na nog twee minute kan die tamaties, yogurt, klappermelk en piesangs bygevoeg word..
Roer als goed saam en plaas die deksel op.
Laat dit nou prut,nie te stadig nie en ook nie te vinnig nie.
Na 'n uur kan die wortels en aartappels bygevoeg word en gee alles weer 'n goeie roer.
'n Bietjie sout na smaak word nou bygevoeg. Jy kan nou ook proe en as jy dink die kerrie moet 'n bietjie sterker wees, kan jy nog so 'n eetlepel kerriepoeier byvoeg.
As dit lyk asof daar nog vloeistof moet bykom, gooi net 'n bietjie water by.
Na nog 'n uur se prut behoort die skenkels sag te wees en die pot vir opdiening..

Opdiening
Bedien rys of vars gebakte brood hierby, met sambal wat gemaak is van fyngekapte tamatie, uie en komkommer wat gesprinkel is met 'n bietjie asyn. Strooi 'n goeie handvol vars,gekapte koljanderblare vir garnering.


HOENER ROOI POTJIE

Gebruik 'n nommer 3 potjie.

BESTANDDELE
1 kg hoender    
fyn sout
growwe swart peper   
koekmeel om stukkies in te rol.
2 medium uie fyn gekap   
kook rys apart tot gaar.
10ml fyngemaakte gemmer en knoffel    
20ml botter
10 klein aartappeltjies   
10 jong worteltjies
10 klein vlapampoentjies   
250g knopie sampioene

BESTANDDELE VIR DIE SOUS
300ml tamatiesous   
50ml blatjang
20ml Worcestersous   
2ml tabascosous
50ml asyn   
50ml suiker
5ml mostertpoeier    
15ml paprika
125 water

Metode
Voeg alles bymekaar is 'n bottel en meng goed deur die bottel te skud.
Maak jou pot warm en gooi botter by.Braai die fyngekapte uie en gemmer/knoffel tot die geur uitkom. Neem die hoender porsies en strooi individueel een vir een met fyn sout en peper. Nadat die gedoen is doop die hoender porsies in die koekmeel en voeg in die pot. Roer totdat die hoender porsies goed met die uie en olie bedek is vir so 10 minute. Gebruik 'n houtlepel. Van nou af roer jy nie weer jou pot totdat jy opskep nie. Gooi nou jou sous soos bo saamgestel in en laat jou pot stadig loop. (Borrel liggies regdeur). Los so vir ongeveer 15 minute. Voeg nou jou groente in lae in die volgende volgorde. Aartappels, jong wortels, pampoentjies, en sampioene. Los so vir ongeveer 45 minute Voeg klaargekookte rys by so 10 minute voor opskep, en laat die sous deurkook. Die pot loop so 2½ uur


Hoenderkerrie-pot

Onthou, jy maak 'n pot, nie 'n bredie nie! ’n Bredie roer jy, maar 'n pot (verkieslik oor 'n houtvuur) roer jy glad nie. Die bestanddele word in lae gepak en moet stadig prut.
(6 porsies)


Bestanddele
15 ml sonneblomolie
15 ml botter
9 hoenderdye (met vel)
2 uie, in ringe gesny
3 knoffelhuisies, grofgekap
5 kardemomsade
1 stuk pypkaneel
1 lourierblaar
5 ml fyn gemmer
1 rooibrandrissie, fyngekap
5 ml matige kerriepoeier
5 ml borrie
5 ml fyn koljander
3 heel naeltjies
400 g gekapte tamaties (1 blik)
6 aartappels, geskil
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
3 kerrieblare


Metode
Verhit die olie en botter in die pot. Braai die hoenderdye tot lekker bruin.
Haal dit uit en braai die uie tot sag en deurskynend, maar nie bruin nie.
Voeg die knoffel en die speserye (behalwe die peper en kerrieblare) by en braai vir so 2 minute.
Plaas die hoender bo-op die mengsel en skep die tamaties oor.
Rangskik die aartappels bo-op en geur met sout en swartpeper.
Voeg die kerrieblare by.
Sit die deksel op en laat stadig prut vir 1 - 1½ uur.


Varknek Steak Potjie

Bestandele
1.5kg Varknek steaks
1 koppie koekmeel
Sout en peper
Kookolie
4 groot aartappels, in blokkies gesny
4 uie, gekap
3 eetlepels botter
10 teelepels kitskoffie
1½ koppie kookwater
1½ koppie asyn
1 koppie stroop
2 teelepels Bisto

Aanwysings
Geur koekmeel met sout en peper en rol die tjops daarin.
Bak in olie in pot tot bruin. Hou eenkant.
Braai die uie in die botter.
Los die koffie op in die kookwater, voeg die asyn, stroop en Bisto by en roer goed.
Voeg dit in die pan by die gebraaide uie. Meng goed. Sit die varktjops terug in die pot en prut vir ½ – 1 uur. Sit die aartappels by en prut tot sag.

 



W3.CSS Template


This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website?
Sign up for free