PAMELA'S RECIPES HOMEPAGE

1. Alle soorte van sop resepte

AARTAPPEL EN RYS SOP

Bestanddele

Dis byna ’n risotto-sop, dik en heilsaam.
45 ml olyfolie
1 ui - fyngekap
1 wortel - in klein blokkies gesny
2 selderystokkies - in skywe gesny
4 aartappels - geskil en in klein blokkies gesny
500 ml hoender aftreksel
200 g risotto rys
1 liter hoender aftreksel
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
sowat 50 ml fyngekapte pietersielie
100 g pecorino kaas - gerasper

Metode

Verhit die olyfolie in ’n groot kastrol. Braai die ui, wortel en seldery tot sag en deurskynend.
Voeg die aartappels by en braai vir sowat 5 minute. Voeg die 500 ml hoender aftreksel by, prut vir 20 minute. Voeg die rys en die liter hoender aftreksel by. Verbeel jou jy maak ’n risotto, want jy sal by die stoof moet staan en aanhou roer tot die rys sag en geswel is - dit sal 20 - 25 minute vat. Geur met sout en swartpeper. Voeg die pietersielie en pecorino kaas by net voor jy dit voorsit. Jy kan ook croutons (gebraaide broodblokkies) en ekstra pecorino kaas saam voorsit.

4 - 6 porsies.




Geurige botterskorsiesop met guacamole

Bestanddele
2 kg botterskorsie, geskil en in blokkies gesny
6 - 8 preie, in skyfies gesny
10 ml (2 t) komynsaad
2 kaneelstokkies
60 ml (¼ k) knoffelgegeurde avokado-olie
sout en peper na smaak
2 x 410 g blikke kekerertjies, gedreineer, maar behou die vloeistof
2 liter (8 k) hoender- of groenteaftreksel of Rooibostee
20 ml (4 t) kerriepoeier
1 - 2 ryp avokado’s (sien wenk re Guacamole)

Metode
Voorverhit oond tot 180 ˚C. Plaas botterskorsie, preie, komynsaad en kaneelstokkies in ‘n groot mengbak. Voeg olie by, geur na smaak met sout en peper en meng goed deur.
Rooster groente op ‘n groot bakplaat vir 30 minute of tot net gaar. Meng kekerertjies deur. Rooster vir nog 10 minute.
Plaas ⅔ van die groente en kekerertjies in ‘n groot kastrol. Voeg vloeistof van die blikke, aftreksel of tee en kerriepoeier by. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en prut 10-15 minute.
Verwyder die kaneelstokkie en verpulp met ‘n stokmenger tot glad. Roer orige groente en kekerertjies by en verhit tot deurwarm. Geur en sit warm voor met skyfies avokado of guacamole.

Wenke
Maak self Guacamole: druk 1 - 2 ryp avokado’s met ‘n vurk fyn en geur met suurlemoensap, gekapte koljanderblare, sprietui, vars tamatie en ‘n skeut avokado-olie (die geur van jou keuse).  As die sop te dik is, voeg meer aftreksel of Rooibos by.


 

Franse bruin-uie-sop

Bestanddele
50 g botter
2 knoffelhuisies, fyngekap
4 (600 g) bruin-uie, in dun ringe gesny
60 ml meel
250 ml witwyn
2 liter goeie beesaftreksel
5 takkies tiemie
2 lourierblare
sout en varsgemaalde swartpeper
1 Franse baguette
100 g gruyère-kaas, gerasper

Metode
Smelt botter in ‘n groot kastrol. Braai knoffel tot lig en deurskynend. Voeg uie by en verlaag hitte. Braai nou oor lae hitte vir 15 – 20 minute of totdat die uie bruin en sag is. Dis belangrik om nie haastig te raak terwyl jy die uie braai nie, want dis wat die smaak gee. Voeg die meel by en meng goed, gevolg deur die wyn wat jy laat wegkook. Voeg aftreksel, tiemie en lourierblare by. Verlaag hitte en laat prut stadig vir sowat 30 minute of totdat die vloeistof met die helfte verminder het en die sop begin verdik. Geur goed met sout en swartpeper. Gooi sop in ‘n oondvaste opdienbak. Plaas baguettesnye bo-op sop en strooi die kaas oor. Sit onder warm oondrooster en rooster totdat kaas gesmelt is en brood begin verbruin. Sit warm voor met ekstra brood.

(4 porsies)



Lensie-en-chorizosop

Bestanddele
30 ml olyfolie
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, gekap
1 brandrissie, fyngekap
300 g chorizo-wors, in ringe gesny
25 ml gerookte paprika
1 x 400 g-blik tamaties
500 ml hoenderaftreksel
2 x 400 g-blikke lensies, gedreineer
sout en varsgemaalde swartpeper

Metode
Verhit olyfolie tot warm in ’n middelslag-pot. Voeg ui, knoffel, rissie en wors by. Braai vinnig vir 5 – 8 minute of tot ui begin verbruin. Voeg paprika, tamaties en aftreksel by.Verlaag hitte en laat stadig kook vir 10 – 15 minute of tot vloeistof met ’n derde verminder het. Voeg lensies by en bring weer tot kookpunt. Geur goed met sout en swartpeper. Sit warm voor.

(4 – 6 porsies)


 

Groentesop

Bestanddele
4 wortels, gesny
4 aartappels, geskil, in kwarte gesny
1 sakkie droë ertjies, afgespoel
1 ui, gerasper
1 blokkie hoenderekstrak
1 pakkie hoendernoedelsop
1 liter water
sout en peper na smaak
1 bol knoffel
1 ciabatta brood

 Metode
Voeg al die bestandele in 'n kastrol, behalwe die brood en knoffel.
Laat dit stadig prut tot groente sag is.
Verhit oond tot 160 grade en bak die knoffel heel tot sag.
Haal die knoffel uit sy velletjie en smeer dit op die ciabatta.
Jy kan die brood ook rooster, voordat jy die knoffel opsmeer.

BOONTJIESOP EN VETKOEK

BOONTJIE SOP
Bestanddele
1lb (500g) suikerbone
1lb (500g) skenkelbeen vark,bees of skaap
1 groot ui
2 tot 3 aartappels
3 wortels
100g varkspek of bacon

METODE
Laat bone oornag in water was volgende dag goed af
Kook bone en vleis tot sag, kap ui fyn, sit in by bone
Rasper of sny wortels en aartappels in blokkies
Laat kook tot groente sag is
Skep van die bone uit druk fyn
skep terug in pot geur met sout en pepper.

VETKOEK
5 kop (750ml) koekmeel
2 tel (10ml)sout
1 koekie (10g) gis
2-3kop (400ml) sterk lou water

METODE
Meng alles goed en knie tot deeg nie aanjou hande sit
Laat rys vir 45min en bak jou vetkoek in warm olie


 

AARTAPPEL SOP

Bestanddele
3 Middelslag aartappels geskil
4 koppies warm melk
1/2 Ui in skywe
3 Eetlepels Botter of vet
2 Eetlepels Meelblom
1/2 Eetlepel Sout
1/8 Teel Peper
Knippie Rooipeper na smaak
1 Teel Fyngekapte Pietersielie

METODE
Maak die aartappels fyn, en voeg die warm melk by. Hou warm.
Braai die ui `n rukkie in die vet en roer dan die meelblom daarby. Wanneer glad, voeg by die aartappelmengsel en laat saggies kook totdat dit glad is. Roer af en toe.
Geur deeglik, en dis warm op met die pieterselie daaroor gesprinkel.


Boontjiesop

Bestanddele
1 sakkie (500g) suikerbone
3 liter kookwater
500 – 800g beef shin (bees skenkels) of skaapskenkels of -stowevleis (of albei)
1 groot ui, gekap
1 biefblokkie
1 blikkie (65g) tamatiepasta
25 ml Bisto
15ml Worcestersous
sout en peper


Metode
Week boontjies oornag in baie koue water.
Die volgende dag: was en dreineer boontjies en kook dan met 2 liter van die
kookwater tot sag.
Braai ui en vleis bietjie bruin en kook dan met orige 1 liter kookwater tot baie sag.
(‘n Drukkoker/stoompot is baie handig!)
Verwyder die bene en sny vleis inkleiner stukkies en voeg saam met die vleissous en
biefblokkie by die boontjies.
Meng die tamatiepasta, Bisto en Worcestersous met bietjie koue water en roer by
die sop in – geur met sout en peper.
Laat dit goed deurkook en bedien warm.


AARTAPPEL SOP MET SPEK & PREIE

Net een happie van dié romerige sop sal jou binne minute warm maak van binne!

genoeg vir 6 – 8

BESTANDELE
45 g (50 ml) botter
3 preie, gesny
250 g spek, grofgekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
4 aartappels, geskil en in klein blokkies gesny
700 ml hoenderaftreksel
125 ml room
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

METODE
Smelt die botter in ’n kastrol. Voeg preie, spek en knoffel by.
Maak kastrol toe en kookbraai vir 15 minute tot sag.
Roer so elke nou en dan. Voeg die aartappels en aftreksel by.
Bring tot kookpunt en laat prut vir sowat 20 minute.
Laat afkoel en gooi die mengsel in ’n voedselverwerker.
Pols tot gladde puree. Gooi mengsel terug in kastrol en voeg room by. Bring tot kookpunt en geur met sout en swartpeper.
Sit voor met ekstra brosgebraaide spek.


DIK BEESSTERT SOP

BESTANDELE
60 ml sonneblomolie
800 g beesstert
300 g beesskenkel, in blokkies gesny
2 uie, gekap
45 ml koekmeel
2 liter beesvleisaftreksel
6 lourierblare
10 ml gedroogde tiemie
3 knoffelhuisies, fyngedruk
10 ml suiker
500 ml rooiwyn
50 ml tamatiepasta
4 groot wortels, geskil en opgesny
6 selderystokkies, gekap
16 baba-aartappels, geskil en middeldeur gesny
60 ml gekapte vars pietersielie
5 ml gerasperde suurlemoenskil
melba-roosterbrood om voor te sit

METODE
Verhit ’n bietjie olie en braai ’n paar stukke vleis op ’n slag bruin oor ’n hoë hitte. skep uit en hou eenkant.
Verlaag die hitte en verhit die res van die olie. Soteer die uie.  gooi die meel by en roer tot bruin. Roer die aftreksel by, gooi die  vleis terug in die kastrol en voeg die lourierblare, tiemie, knoffel,  suiker, wyn, tamatiepasta en die helfte van die
wortels en seldery by.  Verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte, sit die deksel op en laat prut  vir vier uur. Haal van die plaat af en laat afkoel. Sit oornag in die  yskas.
Skep die volgende dag die gestolde vet van die sop af en gooi dit weg. Verhit die sop en gooi die res van die wortels en seldery  asook
die aartappels by. Verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat  prut vir nog ’n uur tot die vleis van die bene afval. Gooi die  pietersielie en suurlemoenskil by. Geur na smaak met sout en peper.
Skep die beesstertstukke met ’n gaatjieslepel uit die sop. Trek die  vleis van die bene af en gooi dit terug in die sop. Gooi die bene weg.  Sit die sop voor met melba-roosterbrood.




W3.CSS Template


This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website?
Sign up for free