PAMELA'S RECIPES HOMEPAGE

4. Alle soorte koeke resepte

GRENADILLA KOEK

Koek bestanddele
4 ekstragroot eiers, geskei
250 ml (1 k) strooisuiker
125 ml (½ k) olie
125 ml (½ k) warm water
220 g (2 x 110 g-blikkies) grenadellamoes
2,5 ml (½ t) grenadellageursel
560 ml (2¼ k) koekmeel
15 ml (1 e) bakpoeier
knypie sout

Versiersel
500 g (1 klein pakkie) versiersuiker, gesif
125 g (½ blok) sagte botter
ongeveer 60 ml (4 e) warm water
55 g (½ blikkie) grenadellamoes
5 ml (1 t) grenadellageursel

Bolaag
55 g (½ blikkie) grenadellamoes
5 ml (1 t) strooisuiker
2,5 ml (½ t) mielieblom
5 ml (1 t) water
Stel oond op 180 °C.

Metode

Koek
Klits eiergele en strooisuiker tot liggeel.
Meng olie, water grenadellamoes en -geursel bymekaar. Voeg by eiergele en klits goed saam.
Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Voeg by eiergeelmengsel en roer tot goed gemeng.
Klits eierwitte tot styf en vou by beslag in.
Voer twee koekpanne met 22 cm-deursnee met bakpapier en verdeel beslag so gelyk moontlik tussen koekpanne.
Bak koek vir 25 tot 30 minute of tot toetspen skoon uitkom.

Versiersel
Klits versiersuiker, botter, water, grenadellamoes en -geursel tot lig en romerig.
Smeer helfte van versiersel op een koek, plaas tweede koek bo-op en smeer orige versiersel op.

Bolaag
Verhit grenadellamoes en strooisuiker in mikrogolf vir 1 minuut.
Maak mielieblom en water tot pasta aan en roer by warm grenadellamengsel.
Mikrogolf mengsel tot verdik.
Laat eers bietjie afkoel en skep bo-op koek.





Cheesecake

 Niederländisch

Ingrediënten
200 g Apetina® Classic witte kaasblokjes in pekelwater
200 g naturel roomkaas
50 g amandelen
10 (digestive) tarwebiscuitjes (ongeveer 150 g)
75 g boter
1,5 dl vloeibare slagroom
2 eieren
geraspte schil van 0,5 citroen
sap van 0,5 citroen
200 g kristalsuiker
4 eetl. bloem
150 g bosbessen

Wijze
Verwarm de oven voor op 180 °C. Bekleed de springvorm met bakpapier. Maal de amandelen in de blender en doe dan de tarwebiscuitjes erbij. Maal ze samen fijn. Smelt nu de boter en giet dit bij de gemalen noten en koekjes en roer dit goed door elkaar. Dit is het mengsel voor de bodem. Verdeel dit over de bodem van de springvorm en zet deze 10 minuten in de oven bij 180 °C. Giet het pekelwater weg zodat alleen de Apetina Classic witte kaasblokjes overblijven. Meng deze met de room. Roer de roomkaas Naturel erdoor en meng dit met de mixer. Doe de eieren, de geraspte schil van ½ citroen en het citroensap erdoor en meng nogmaals met de mixer. Voeg de suiker en het bloem toe en meng nog een laatste keer. Haal de bodem uit de oven en giet het beslag over de kruimelbodem. Zet de taart nog 20 – 25 minuten in de oven bij 180 °C. Haal de taart uit de oven, laat deze iets afkoelen en zet hem ongeveer 2 uur in de koelkast. Garneer met de bosbessen.

Twist
De witte kaasblokjes geven de taart een lekkere frisse nasmaak waarin de smaak van citroen goed uitkomt

Portie
Dien de taart koud op. Zo zijn de korst en de vulling extra knapperig.




Melktert


Bestanddele
500 ml melk
30 ml botter
1 stuk heel kaneel
knippie sout
2 ekstra groot eiers, geskei
100 ml melk
15 ml meel
30 ml mieliemeel
125 ml suiker
klaargerolde blaardeeg
fyn kaneel

Metode
Voeg die melk, heel kaneel, knippie sout en botter saam in ’n klein kastrol. Verhit tot net by kookpunt. Klits die eiergeel, 100 ml melk, meel en mielieblom saam. Voeg nou ’n bietjie van die warm melk by die eiermengsel en klits goed. Gooi die eiermengsel by die res van die warm melk. Hou aan met roer tot dik. Dit gaan lyk of jy nou vla maak. Laat die mengsel heeltemal afkoel. Voer intussen ’n tertbord (ongeveer 20 cm breed) met die blaardeeg uit. Wanneer die papmengsel afgekoel het, klits die eierwitte styf en vou in. Gooi in die tertdeeg en bak in ’n warm oond teen 180 °C vir sowat 35 minute. Maak seker dat die vulsel nie te veel skommel nie – los dit dan eerder nog ’n rukkie in die oond. Haal uit en laat afkoel. Sprinkel fyn kaneel oor en sit voor saam met bessies, as jy wil.



Fudge koek

Bestanddele
1 ½ koppies suiker
½ koppie kakao
1 ½ teelepels koeksoda
2 koppies meel
¾ teelepel sout
1 ½ teelepels vanielje
¾ koppie olie
1 ½ koppies water
1 ½ teelepels wit asyn

Metode
Oond 180 C

Pan grootte 9×3 (ongeveer 23cm) (Pan moet ongespuit wees))
Meng die nat bestandele. Meng die droe bestandele. Meng alles tot gladde mengsel
Bak vir 25 minute
Versier met jou keuse van versiersel bv karamel kondensmelk en klapper, geklopte room, ganache ens. Wees versigtig, die koek is baie klam so moenie te stywe versiersel probeer oorsmeer nie.


SJOKOLADE-BOTTERKOEK

Dié een vra ’n raps meer moeite
Gebruik ’n ringpan van sowat 20 cm.


Bestanddele
120 g (130 ml) sagte botter
200 g (250 ml) suiker
3 eiers, geskei
5 ml vanieljegeursel
40 g (100 ml) kakao
240 g (430 ml) koekmeel
10 ml bakpoeier
1 ml sout
175 ml melk

Instruksies

Verhit jou oond tot 180 ºC.
Room die botter en voeg een derde van die suiker geleidelik by.
Klits tot lig en romerig.
Klits die eiergele goed en voeg een derde van die suiker daarby.
Klits tot lig en romerig.
Gooi die twee mengsels bymekaar en voeg die vanieljegeursel by.
Sif die kakao, meel, bakpoeier en sout saam.
Voeg die meelmengsel om die beurt met die melk by die bottermengsel.
Klits die eierwitte styf en voeg die laaste derde van die suiker daarby.
Vou die geklitste eierwitte in die beslag in.
Skep in die gesmeerde ringpan en bak vir 30 – 35 minute.

Versiersel
200 g 70%-donkersjokolade
Sit die koek op ’n afkoelrak met ’n bakplaat onder.
Plaas die sjokolade in ’n bak wat oor ’n kastrol met kookwater pas.
Smelt die sjokolade en gooi dit oor die koek totdat dit heeltemal bedek is.
Jy kan nou van die gesmelte sjokolade in ’n klein papier-spuitsak skep en die koek verder versier.


 

Tradisionele rooi fluweelkoek

(1 groot koek – 4 lae)
Bestanddele
700 g (1 250 ml) koekmeel
20 ml bakpoeier
5 ml sout
60 ml kakaopoeier
2 x 30 ml-botteltjie rooi koskleursel
260 ml kanola-olie
10 ml vanieljegeursel
630 g (750 ml) strooisuiker
4 eiers
700 ml karringmelk
10 ml asyn
10 ml koeksoda
Basiese Roomkaas-versiersel
2 x 500 g sagte botter
2 000 g (2 kg) versiersuiker, gesif
2 x 250 g-houers roomkaas
125 g vars kersies
Verhit oond tot 180 °C.

Instruksies
Voer twee 30 cm-losboom-koekpanne met bakpapier uit en spuit goed met kleefwerende kossproei. Sif meel, bakpoeier, sout en kakao saam. Klits kleursel, olie, vanieljegeursel en strooisuiker saam. Voeg eiers een-een by en klits goed ná elke byvoeging. Voeg karringmelk by en meng goed.
Voeg droë bestanddele by en meng tot gladde mengsel. Roer laastens asyn en koeksoda by.Verdeel mengsel tussen panne. Bak in warm oond vir 30 – 35 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.
Laat effens afkoel, keer op draadrakkies uit en laat heeltemal afkoel.
Roomkaas-versiersel
Klits botter in elektriese menger tot lig en romerig, sowat 5 – 8 minute.Voeg versiersuiker en roomkaas by. Meng goed.


AARTAPPEL SJOKOLADE KOEK

Genoeg vir: 8

Bestanddele
Bereidingstyd: 30 minute
Baktyd: 30 minute
Oondtemperatuur: 190 °C
180 ml (165 g) botter
300 ml (260 g) strooisuiker
75 g donkersjokolade, gesmelt
120 g fynaartappels
3 groot eiers, geklits
480 ml (260 g) bruismeel
5 ml fyn kaneel
90mlmelk

VULSEL
150 g donkersjokolade
150 ml room
140 ml (75 g) versiersuiker
60 ml Amarula-likeur of melk

METODE
Smeer en voer drie 20 cm-koekpanne.
Klits die botter en suiker saam tot lig. Klits die gesmelte sjokolade en fynaartappels by.
Klits die eiers een-een by; voeg ’n bietjie meel by saam met elke eier. Vou die res van die meel, die kaneel en 1 ml sout in en vou dan die melk in.
Verdeel tussen die panne en bak in die verhitte oond vir 30 minute of tot deurgaar. Haal uit en laat afkoel.
Vulsel Smelt die sjokolade en roer die res van die bestanddele by. Laat afkoel en smeer oor die koek.


 

AMARULA KOEK POEDING

Bestanddele
60 ml Kakao
125 ml kookwater
3 eiers
220 ml suiker
60 ml olie
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout

STROOP
200 ml suiker
250 ml water
60 ml Amarula-likeur
1 blik karamelkondensmelk
Styf geklopte room vir versiering
 Flake-sjokolade
Stel oond op 180°C

BESLAG
Meng kakao met  kookwater en laat dit afkoel.
Klits eiers, suiker en olie saam, voeg koue  kakaomengsel by en meng deeglik.
Sif res van droë bestanddele by en meng  goed.
Skep in 22 cm x 30 cm-pan en bak ongeveer 20 min. Of tot toetspen  skoon uitkom.

STROOP
Kook suiker en water  saam vir 5 minute en verwyder van stoof en voeg Amarula by.
Roer goed. 
Prik koek met 'n vurk sodra dit uit die oond kom en gooi warm stroop oor.Versier:1.
Laat goed koud word, verwyder uit pan, smeer karamelkondensmelk en styf geklopte room oor.
Versier met Flake indien verkies (nie Pepperment Crisp nie, want dit belemmer  die smaak).
Dis 'n heerlike klam koek wat lekker klam bly.


AARBEI MAASKAAS VERLEIDING

BESTANDELE
500 g Geroomde Maaskaas
1 blik kondensmelk
1 e Suurlemoensap
1 blik ingelegte aarbeie (hou stroop eenkant)
1 Rolkoek
Vlaepoeier of Mezina

SO GEMAAK
Meng kondensmelk, maaskaas goed saam. Voeg suurlemoensap by klits alles saam tot dik.
Bedek nageregbak met ‘n laag rolkoek in , Gooi maaskaas mengsel oor en maak gelyk.
Rangskik gedreineerde aarbeie daaroor. Gooi vrugtestroop in kastrol en bring tot kook.
Verdik met vlaepoeier of mezina. Gooi oor tert en verkoel in yskas


BANOFFEE TERT

4 opgehoopte eetlepels bruinsuiker - smelt dit in pan
Twee piesings fyn gedruk saam met 100 ml melk in die versapper en gooi dit by die bruinsuiker net voor dit begin smelt.
Meng dit goed en laat dit karamaliseer en bruin word.
Gooi die mengsel in 'n gekoopte tertkors of een wat jy klaar voor die tyd gemaak en blind gebak het.
Los dit om af te koel.
As dit koel is, sny 2 of 3 piesangs in skuins snye en pak bo op die tert.
Klits 1 koppie dik room en gooi bietjie vanilla en soet swart koffie by wanneer dit styf is en meng dit net effens deur dat dit marble.
Skep dit oor die piesangs. Versier met karamel of stroop.


VANILLA PLAATKOEK

Bestanddele
500gr suiker
6 eiers
1 teelepel vanilla
350ml water
200ml olie,
500gr meel
6 teelepels bakpoeier
knippie sout

Metode
Klits suiker, eiers en vanilla saam vir so 10 min, gooi water en olie by en meng vinnig deur, gooi meel en sout in en meng goed, gooi bakpoeier laaste in. Bak vir 40 min op 180 grade.
Vir sjokolade koek: laat 60 ml meel uit en voeg 60 ml kakoa by.



 

CREMORA TERT

KORS
1 pak (200 g) Mariebeskuitjies, fyngemaak
100-125 ml gesmelte botter

VULSEL
1 pak (250 g) Cremora-melkpoeier
125 ml (1/2 koppie) kookwater
1 blik (397 g) kondensmelk
125 ml (1/2 k) suurlemoensap

METODE
Meng die beskuitjies en die gesmelte botter goed en druk in ‘n 23 cmtertbord vas.
Los die melkpoeier in die kookwater op. Verkoel. Klits die kondensmelk en suurlemoensap saam. Voeg die opgeloste melkpoeier by en klits tot dik, romerig en wit. Skep die vulsel in die voorbereide kors en verkoel tot stewig.





W3.CSS Template


This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website?
Sign up for free