PAMELA'S RECIPES HOMEPAGE

7. Alle soorte Brood en Beskuit Resepte

MOSBOLLETJIES

Bestanddele (vir 3 groot panne)
3 kg koekmeel
3 k suiker
3t sout
⅓ k anys
250 g margarien, 1 liter soetmos en genoeg melk om 1,8 liter vloeistof te maak
Om bo-oor te verf: 100 ml melk en ¼ k suiker

Metode
Meng die koekmeel, suiker, sout en anys in ‘n deegkom.
Smelt die margarien en voeg die soetmos en louwarm melk daarby.
Meng dit met die droë bestanddele en knie baie goed vir ongeveer ‘n halfuur.
Laat dit oornag in jou deegkom rys.
Knie die deeg die volgende oggend af en weeg dit af in drie gelyke dele.
Rol elke deel in 12 bolletjies, wat tot bokant die pan moet uitrys.
Bak vir 30 min teen 180ºC
Bak teen 180 ºC vir 30 minute en dan teen 140 ºC vir 40 minute.
Keer uit op ‘n draadrakkie en verf met ‘n mengsel van melk en suiker.
Laat die bolletjie goed afkoel.
Dit kan nou vars geëet of gedroog word.

Dine se notas:
Dis belangrik dat die mos tot die regte graad afgegis het, om jou deeg te laat rys. Dis ‘n groot werk, wat jou die hele dag besighou en daar is min mense wat nog kans sien vir al die geknie.
Om soetmos as rysmiddel te gebruik, is ‘n nalatenskap van die Franse Hugenote

Tannie Lizzie is baie presies met die afmeet van elke bolletjie. Dit verg ‘n geoefende hand om die bolletjies mooi te vorm. Dis haar skoondogter, Lerise, se taak om die panne te smeer. Haar panne is jare gelede al spesiaal vir Lizzie gemaak volgens haar behoeftes.

Jy kan mosbolletjies net so warm-warm eet, of later uitdroog. Dan is dit mosbeskuit


Tuisgebakte brood

Brood is ’n moet by al hierdie geregte. Wat is beter as tuisgebakte brood, warm uit die oond? Emile het dié keer nie kans gesien om te bak nie – wie moes toe die geduld hê om die brood in die oond te kry? Nog iets lekkers omtrent die brood is om die volgende dag roosterbrood te maak vir ontbyt.

Bestanddele

1 300 g broodmeel

20 g kitssuurdeeg
5 ml sout
ongeveer 800 ml louwarm water (dalk ’n bietjie meer as die deeg te droog is)

Metode

Meng die meel, suurdeeg en sout saam in ’n groot mengbak. Meng met die louwarm water tot ’n deeg wat lekker sal knie. Dit klink vreeslik maklik en vinnig, maar die proses van wag kom nou eers. Knie die deeg vir ’n goeie 15 – 20 minute op jou werkvlak tot elasties. Sit terug in groot mengbak en smeer ’n klein bietjie sonneblomolie bo-op. Nou sit ek die hele bak in ’n groot swart sak, bedek dit met ’n handdoek en plaas dit op ’n warm plek (gewoonlik in die son). Laat rys vir sowat 1½ uur. Hou dop – dit moet verdubbel in grootte. Knie die deeg af en smeer ’n 30 cm x 12 cm broodpan met botter, of gebruik oondsproei. Vorm die deeg om in die pan te pas. Bedek die pan met ’n kombuishanddoek en plaas dit in die louoond. Laat weer rys vir ongeveer 1½ uur. Dit moet dubbel die grootte rys. Voorverhit die oond tot 170 °C en bak op die middelste rak vir ongeveer 1 uur. Klop bo-op die brood om te toets vir gaarheid. As dit ’n hol geluid maak, is dit gereed. Smeer ’n bietjie botter bo-op die kors en keer versigtig uit. As jy die brood nie onmiddellik warm wil voorsit nie, maak dit met ’n lap toe terwyl dit afkoel; dit sal verseker dat die korsie bo-op nie te hard word nie.




Cheddarkaas-en-biltong-broodjies

 

Die resep is verspot maklik, en die broodjies is heerlik as dit warm voorgesit word.

8 brode

Bestanddele
1 kg winkelbrooddeeg
16 groot skywe beesbiltong
150 g sterk cheddarkaas, gerasper

Metode
Verhit oond tot 180 °C. Verdeel brooddeeg in 8 stukke. Maak ’n bal van elke stuk deeg. Druk elke bal plat tot so 3 cm dik. Plaas op bakplate wat goed gespuit is met kleefwerende kossproei. Pak 2 stukke biltong op elke plat deegbal. Sprinkel kaas bo-op biltong en laat deegballe sowat 15 minute rys voor jy dit in die oond plaas. Bak 30 – 35 minute tot gaar. Sit broodjies warm voor met botter.



Falafelburger met romige witte kaas

Niederländisch

Ingrediënten

Saus
150 g Apetina® Classic witte kaas plak (pak)
125 ml griekse yoghurt
1 teen knoflook
1 biologische citroen
1 rode ui

Burger
400 g kikkererwten uit blik
1 ui
1 teen knoflook
125 g korianderblaadjes
0,5 tl. korianderzaadjes (of poeder)
0,5 tl. komijnzaadjes (of poeder)
0,5 tl. rode Chilipoeder
1 ei
160 g paneermeel
30 ml koolzaadoliezout
zwarte peper
Optioneel: verse, fijn gesneden munt
Een vegetarische burger boordevol frisse en kruidige smaken

Saus
Rasp de schil van een halve citroen en pers een halve citroen uit, totdat je 5 ml citroensap hebt. Pel de knoflook en pers de knoflookteen. Verkruimel de witte kaas en doe deze samen met de Griekse yoghurt, knoflook, citroenschil en het citroensap in een blender en mix alles tot een glad geheel. Doe de deksel erop en zet het mengsel in de koelkast. Snijd de rode ui in fijne stukjes en zet deze opzij.

Burger
Spoel de kikkererwten af, laat ze uitlekken en doe ze vervolgens in de kom van een keukenmachine. Stamp de koriander- en komijnzaadjes fijn tot poeder (indien je zaadjes gebruikt) en voeg deze samen met de rode chilipoeder toe aan de kom. Pel de ui en knoflook en snijd deze in grove stukken. Snijd de korianderblaadjes fijn en voeg deze samen met de knoflook en ui toe aan de kom. Breek het ei en klop dit zachtjes. Schakel de keukenmachine in op gemiddelde snelheid en voeg het geklopte ei en het paneermeel toe. Voeg naar smaak zwarte peper en zout toe. Schakel de keukenmachine uit als het mengsel de juiste dikte heeft en kneed hiervan vier burgers van 2-3 cm dik. Verwarm de olie in een grillpan en gril de burgers op matig vuur gedurende ca. 4-5 minuten aan elke kant. Leg de burgers en gesneden rode ui op een pitabroodje of tussen dikke plakken brood en schenk de saus er overheen. Maak de burger af met jouw favoriete beleg (bijvoorbeeld avocado, tomaat of rucola).

Twist
De witte Apetina-kaas maakt de burger smeuïg en romig

Portie
Voeg aan de saus wat gesneden verse munt toe voor een extra frisse smaak.



Karringmelk Beskuit

Bestanddele
250 ml Suiker
2 Eiers
300 ml Karringmelk
1 kg Bruismeel
5 ml Sout
250 g Margarine

Metode
Verhit die oond tot 180°C.
Meng die droë bestanddele saam.
Vryf die margarine in die meel in.
Meng alles saam.
Bak vir 1 uur lank.


Volkoringbeskuit vir Diabete

Bestanddele
250g margarien
375ml laevet karringmelk
125ml semels
800ml volkoringmeel
125ml All Bran vlokkies
125ml koekmeelblom
25ml bakpoeier
5ml sout
90ml fruktose

Metode
Smelt margarien en voeg die karringmelk by. 
Meng die droë bestanddele. 
Roer melkmengsel by droë bestanddele. Meng om 'n sagte deeg te vorm. 
Skep in 2 gesmeerde 1 liter broodpanne. Maak gelyk. 
Bak teen 180C vir 50 minute. Laat afkoel. 
Sny in beskuite. Droog teen 80C vir 8 uur of in lou oond.
Lewer ongeveer 50 beskuite


 

Spek en kaas broodjie (Heerlik as braai bygereg)

Bestanddele
1 klaar voorafbereide brooddeeg gekoop by jou naaste winkel
Snye van jou gunsteling kaas bv chedder, gouda, mozarella
Stukkies gaar spek
Groen uie, gekap

Instruksies
Rol brood in ‘n 20-22 duim tou. Vorm in ‘n sirkel en plaas in die onderkant van ‘n gespuite bundt pan (ronde ringkoekpan). Bedek met kleefplastiek en laat rys tot dubbel in grootte. Verwyder die glad wrap en bak by 180 C – 20-25 minute of tot ligbruin. Laat afkoel . Maak snye in die lengte en breedte sowat 1-duim uitmekaar, sonder om dit deur te sny tot op die onderste kors. Plaas op ‘n bakplaat gespuit. Plaas kaas snye spek & stukke uie tussen die snitte in . Plaas terug in oond en bak ‘n verdere 5-10 minute of tot kaas gesmelt is.
Bedien met lekker doopsous van keuse


Uitmekaartrekbrood

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 20 min.
Gaarmaak: 30 min.
Rys: 2 uur


Bestanddele
500 ml (2 k) melk
10 g kitsgis
125 ml (½ k) suiker
125 ml (½ k) olie
4 x 250 ml (4 k) meel
2,5 ml (½ t) bakpoeier
2,5 ml (½ t) neutmuskaat
5 ml (1 t) sout
120 g botter, gesmelt
100 g korinte
Speserysuiker
500 ml (2 k) suiker
45 ml (3 e) fyn kaneel
’n knippie neutmuskaat
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n broodpan.

Metode
Gooi die melk en gis in ’n bakkie, meng en laat staan op ’n warm plek tot die gis op die oppervlak begin borrel. Gooi die suiker, olie, meel, bakpoeier, neutmuskaat en sout in ’n groot mengbak en voeg die gismengsel by. Meng om ’n sagte deeg te vorm.

Sit die deeg in ’n liggies gesmeerde bak en bedek. Sit 1 uur eenkant om te rys of tot die grootte verdubbel het. Knie die deeg af en rol uit om ’n 50 cm x 25 cm-reghoek te vorm.
Sny 5 cm x 25 cm-reghoeke uit. Verf een reghoek met die gesmelte botter en strooi dan korinte oor. Bestuif met die speserysuikermengsel en bedek met nog ’n laag deeg. Herhaal die proses met die oorblywende deeg en eindig met ’n laag deeg. Moenie die laaste laag met korinte en suiker bedek nie.
Sny in 2 cm-breë stukke en pak dit in die bereide broodpan met die snykant na bo. Bedek en sit 1 uur op ’n warm plek om te rys.
Bak die brood 30 min. of tot goudbruin. Laat effens afkoel. Strooi van die speserysuikermengsel oor voor jy die brood uit die pan haal.


 

Brioche

LEWER 22 BROODJIES
Bereiding: 20 min.
Rys: 1½ uur
Gaarmaak: 40 min.

 
Bestanddele
10 g vars gis
80 ml (⅓ k) warm melk
6 eiers
1 liter (4 k) meel
5 ml (1 t) sout
45 ml (3 e) strooisuiker
350 g botter, versag
1 eier, gemeng in 5 ml (1 t) water, liggies geklits
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer twee panne met 12 holtes elk.

 Metode
Plaas die gis en melk in ’n bak en klits liggies om te meng. Voeg die eiers by en klits weer.
Sif die meel en sout in ’n groot mengbak en giet die gismengsel by. Knie die deeg 10 min. of tot glad en elasties.
Klits die strooisuiker en botter in ’n ander bak tot bleek en romerig. Voeg 30 ml (2 e) op ’n slag van die mengsel by die deeg en knie goed ná elke byvoeging. Knie die deeg tot dit glansend en elasties is.
Plaas in ’n groot geoliede bak, bedek en laat rys 1 uur of tot gerys. Knie die deeg af en knie dan nog 5 min. Bedek met kleefplastiek en laat 1 uur in die yskas verkoel.
Verdeel die deeg in 30 g-stukke op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en rol in ewe groot balle. Plaas 3 deegballe in elke muffinholte, bedek en laat rys tot dit in grootte verdubbel.
Verf die deeg met die eiermengsel en bak 40 min. of tot gaar en bruin. Plaas op ’n rak om af te koel. Sit voor met botter.


Kaas-En-Spekvleisbroodjie


Bestanddele
8 Repe Streepspek, Gebraai & Fyngekap
250ml Bruismeel  
10ml Botter 
150ml Melk 
15ml Worcestersous
Knippie Sout
200ml Kaas, Gerasper
15ml Tamatiesous

Metode:
Voorverhit Die Oond Tot 200°C.  Bespuit 'N Bakplaat.  Sif Die Bruismeel En Sout Saam En Vryf Die Botter Met Jou Vingerpunte In Tot Die Mengsel Soos Broodkrummels Lyk.  Voeg Die Kaas En Spekvleis By En Meng Liggies.  Meng Die Melk, Tamatiesous En Worcest ersous Saam En Voeg By Die DroëBestanddele.  Meng Liggies Tot Net Gemeng En Vorm In 'N Sirkel Op Die Bakplaat.  Bak 20-25 Minute Lank Of  Tot Gaar.  Dien Warm Op Saam Met Botter En Kaa
s



 

Warmsjokolade-koekies

LEWER 40 KOEKIES
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 10 min.


Bestanddele
250 ml (1 k) strooisuiker
250 ml (1 k) bruinsuiker
3 eiers
350 g botter
1 L bruismeel (250 ml x 4)
375 ml (1½ k) warmsjokoladepoeier
5 ml (1 t) vanieljegeursel

VULSEL
250 ml (1 k) strooisuiker
115 g botter
60 ml (¼ k) melk
30 ml (2 e) warmsjokoladepoeier
30 ml (2 e) kookwater

Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n bakplaat. Klits die strooisuiker en bruinsuiker saam met die eiers tot lig en bleek. Voeg die botter by en meng goed. Voeg die meel, warmsjokolade en vanieljegeursel by en meng tot ’n sagte deeg vorm. Rol die deeg in balletjies en pak die balletjies op die bakplaat. Druk effens plat en bak 8 tot 10 min. Laat afkoel.
Vulsel Plaas die suiker, botter en melk in ’n kastrol. Meng die warmsjokoladepoeier met die kookwater en voeg by die melkmengsel. Meng goed en kook 5 min. Verwyder van die hitte en klits tot styf en koud. Smeer die vulsel oor die afgekoelde koekies en plaas twee-twee op mekaar.




W3.CSS Template


This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website?
Sign up for free