PAMELA'S RECIPES HOMEPAGE

2. Alle soorte Bredies resepte

Groenboontjie-bredie

Bestanddele

45 ml olyfolie
800 g lamsnek
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 blik (410 g) gekapte tamaties
5 ml gemengde droë kruie
1 kg bevrore groenbone
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
250 ml kookwater
2 aartappels, geskil en in kwarte gesny

Metode

Verhit oond tot 180 °C. Verhit olyfolie in ’n groot oondvaste kastrol. Braai lamsnek tot bruin. Voeg ui en knoffel by. Roer tamaties, kruie en bevrore groenbone by. Geur met sout en swartpeper. Gooi kookwater by en meng goed. Plaas aartappels bo-op. Maak kastrol toe en plaas in die warm oond vir 1 tot 1½ uur, totdat die vleis sag is. Kyk nou en dan dat dit nie droog kook nie. As dit droog lyk, kan jy ’n bietjie water byvoeg.

4 porsies




WATERTBLOMMETJIE BREDIE

BESTANDELE
1 kg waterblommetjies
1,5 kg lamsvleis
‘n bietjie kookolie
‘n grypie koljander, ‘n knypie sout, ‘n knippie peper en 5 kruinaeltjies
2 grofgekapte uie
‘n voorskoot vol aartappels
suurlemoensap

Metode

Blansjeer 1 kg waterblommetjies.
Braai 1,5 kg lamsvleis in ‘n bietjie kookolie.
Hierby kom  ‘n grypie koljander, ‘n knypie sout, ‘n knippie peper en 5 kruinaeltjies.
Gooi 2 grofgekapte uie en ‘n voorskoot vol aartappels by.
Nou nog net die waterblomme en suurlemoensap.

Opdiening

Bedien die bredie saam met geelrys.


LAMSKERRIE UIT DIE BOLAND

Bestanddele
2 kg lamstowevleis
kookolie
2 gekapte uie
5 knoffelhuisies
1 t varsgekapte groengemmer
1 E masala
2 E kerrie
1 E borrie
1 E fyn koljander
1 t fyn komyn
2 heel steranyse
5 kardemomsade
3 vars lourierblare
Growwe sout en –peper
1 pypkaneel
5 E appelkooskonfyt
10 klein uitjies
3 geelwortels, opgekap
1 handvol geweekte droëperskes
1 blik gekapte tamaties
6 aartappels in kwarte gesny
Kookwater

METODE:
Hierdie resep is genoeg vir ses mense.
Braai die lamsvleis in die kookolie tot bruin en skep dit uit.
Braai dan die uie, knoffel en groengemmer en sit die vleis terug.
Gooi die masala, kerrie, borrie, koljander,komyn, steranys, kardamomsade, lourierblare en sout en peper, pypkaneel en appelkooskonfyt by en  roer deur.
Gooi dan die uitjies, geelwortels, droë perskes, tamaties, aartappels en genoeg kookwater by.
Laat stadig prut.




GROENBOONTJIE BREDIE


Bestanddele
1½ kg stowe lamsvleis
1 groot ui
2 knoffelhuisies, fyngestamp
1 kg groenboontjies, fyngekerf
½ t fynkaneel
1 t fyn sout
½ t varsgemaalde swartpeper
4 medium grootte aartappels, in kwarte gesny
½ k louwarm water

Metode
Smoor die stowe lamsvleis in kookolie met ‘n gekapte ui en knoffel.
Kerf die boontjies fyn, kook dit vir ‘n paar minute in water, dreineer en voeg dit by die vleis.
Strooi dan die kaneel, sout en peper oor.
Jy kan ook koljander, kruinaeltjies en neutmuskaat byvoeg.
Sit die aartappels bo-op, giet louwarm water oor en laat prut tot gaar.

Opdiening:
Die bredie word op rys bedien.


 


Gestoofde spesery-beesstert

 
Bestanddele
250 ml (140 g) koekmeel
mengsel van baie kaneel, minder kardemom en ’n bietjie naeltjies, volgens smaak
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
2 kg beesstertstukke
15 ml botter
30 ml olie
2 of 3 groot uie, gehalveer en in dun ringe gesny
1 of 2 selderystingels, baie fyn gekap
1 of 2 wortels, gerasper
2 blikkies donker bier, soos Guinness
1 bottel goeie gehoute chardonnay
hand vol vars pietersielie, grofgekap
fyngerasperde lemoenskil (opsioneel . . .maar die gereg gaan nie dieselfde smaak daarsonder nie)

 Metode
Geur koekmeel met die speserye, sout en swartpeper en rol die beesstertstukke daarin. Verhit die botter en olie in ’n kastrol en soteer die uie, seldery en wortel tot sag. Haal uiemengsel uit die kastrol en hou eenkant. Braai in dieselfde kastrol (want al die heerlike geure kan mos nie verlore gaan nie) die beesstertstukke aan albei kante tot donkerbruin. Doen dit ’n paar op ’n slag sodat almal ewe bruin word. Sit al die vleis en die uiemengsel in die kastrol, voeg bier en wyn by en laat kook. Draai die hitte af, sit die deksel op en prut vir ’n paar uur totdat die vleis sag is en byna van die been afval (m.a.w. wanneer die kuiergaste se monde behoorlik water!). As dit lyk asof die vloeistof te min word in die pot, voeg beesvleis-aftreksel by. Sprinkel pietersielie en lemoenskil teen die einde bo-oor.





Bobotie (Suid-Afrika)

 Bestanddele
1 kg beesmaalvleis
1 dik sny bruinbrood
250 ml melk
2 uie, gehalveer en in skywe gesny
30 ml sonneblomolie
15 ml matige kerriepoeier
10 ml borrie
15 ml fyn appelkooskonfyt
1 eier, geklits
30 ml witwynasyn
lourierblare
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Eier-bolaag
3 eiers
375 ml melk
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

 Metode
Verhit jou oond tot 180 °C. Week die bruinbrood tot sag in die melk. Maak die brood fyn met ’n vurk. Verhit die olie in ’n pan en braai uie tot sag en effens bruin. Voeg die kerriepoeier, borrie en appelkooskonfyt by en braai liggies vir sowat 2 minute. Haal die pan van die hitte af. Meng die maalvleis en brood in ’n mengbak. Voeg die uiemengsel en die res van die bestanddele behalwe die lourierblare by. Meng goed en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Plaas die mengsel in ’n oondbak van sowat 30 x 25 cm en druk die lourierblare bo-op. Sit in die warm oond en bak vir 15 minute. Klits intussen die eiers en melk saam en geur met sout en swartpeper. Haal die bobotie uit die oond en gooi die eiermengsel oor. Plaas terug en bak verder vir nog 25 minute.

(4 – 6 porsies)



Coq au vin (hoender in rooiwyn)

 

Bestanddele
1 gaar hoender
15 ml olyfolie
10 ml botter
250 g repies spek, in blokkies gesny
sowat 10 salotte*
2 knoffelhuisies, fyngedruk
500 ml rooiwyn
250 g wit sampioene
1 lourierblaar
sout en vars gemaalde swartpeper

Metode
Sny die hoender in porsies. Verhit die botter en olyfolie in ’n oondkastrol. Braai die spek en salotte tot bruin. Voeg die knoffel by en braai vir nog sowat 3 minute. Sit die hoender en die res van die bestanddele by en geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Laat stadig prut in ’n warm oond teen 180 °C vir 45 minute.

(4 – 6 porsies)



Pittige Spaanse cannelloni

Niederländisch
INGREDIENTEN 2 personen
8 pijpjes canneloni of 8 verse lasagnevellen
300 gram rundergehakt
100 gram chorizo in kleine stukjes gesneden
1 eetlepel olijfolie
1 middelgrote ui (gesnipperd)
2 teentjes knoflook (gesnipperd)
peper, zout,
1/2 theelepel cayennepeper
1/2 theelepel (gerookt) paprikapoeder of paprikapoeder mild
paar druppels tabasco
2 theelepels oregano gedroogd
eventueel een scheutje rode wijn (ik had een restje)
1 losgeklopt ei

Saus:
2 gegrilde paprika's (uit een pot - goed uitgelekt en in kleine stukjes gesneden)
1/2 blikje tomatenblokjes
1 sjalotje (gesnipperd)
1 teentje knoflook (gesnipperd)
peper, zout, paprikapoeder
Bechamelaus:
20 gram boter
20 gram bloem
plm. 1 dl melk
peper, zout, nootmuskaat
plm. 50 gram geraspte (Manchego) kaas of belegen kaas

Bereidingswijze
Verhit de olie in de koekenpan. Bak hierin het gehakt rul.
Voeg de gesnipperde ui en knoflook toe en bak een par minuten mee onder voortdurend omscheppen.
Voeg de stukjes chorizo toe en bak ook even mee.

Maak het gehakt pittig op smaak met de cayenne, paprikapoeder, tabasco, peper, zout en oregano. Voeg eventueel een scheutje rode wijn toe. Zet de warmtebron hoog tot de wijn is verdampt. (Dit geeft een aparte smaak aan de vulling).
Laat de vulling iets afkoelen.

Maak de sauzen !
Tomaten-paprikasaus:
Breng de tomatenblokjes samen met de gesnipperde paprika's, sjalotje en paprika even aan de kook.
Maak op smaak met peper, zout en wat paprikapoeder.

Bechamelsaus:
Smelt de boter in een pan,
Voeg de bloem in één keer toe.
Goed roeren tot de bloem is opgenomen door de boter en een bal gaat vormen.
Voeg nu beetje voor beetje de melk bij. Steeds goed roeren zodat geen klontjes ontstaan.
Maak de saus op smaak met peper, zout en nootmuskaat,
Giet de tomaten-paprikasdaus in de ovenschaal.
Roer het losgeklopte ei door het wat afgekoelde gehaktmengsel.
Vul de canneloni's met het mengsel of rol steeds een deel van het gehaktmengsel in een lasagneblad.
Leg de canneloni's in de tomatensaus. Giet nu de bechamelsaus over de canneloni's. Strooi de geraspte kaas erover.
Zet de schaal plm. 20 - 30 minuten in de op 200 graden voorverwarmde oven.



Belgiese Bier Bredie

Bestanddele
30 ml olyfolie
1590 g bees kookvleis in blokkies gesny
125 g meel
2 groot aartappels fyn gesny
135 g wortels opgesny
95 g seldery opgesny
125 g uie opgesny
3 knoffelhuisies opgesny
3 g gedroogde basilkruid
4 g gedroogde tiemie
 235 ml rissiesous
235 ml bier
55 g bruinsuiker

Metode
Verhit die olie in 'n driepootpot oor medium temperatuur
Gooi die vleis en meel in 'n plastiese sak en skud goed
Gooi die bedekte vleis in die pot en braai tot bruin.
Haal die vleis uit.
Meng die aartappels, wortels, seldery, uie en knoffel in die pot en plaas weer die vleis bo-op.
Geur met basielkruid en tiemie.
Meng die bier rissiesous en bruinsuiker en gooi mengsel oor die vleis.
Kook stadig tot gaar.

 

 

Ryk Beesvleis Bredie  

Bestanddele
450g maer stowe vleis (kruisskyf)
25g meelblom
1/4 teelepel sout
swart peper
3 eetlepels olie
2 uie, fyngekap
2 konffelhuisies, fyngekap
100g sampioene, in skywe gesny
1 eetlepel tomatie purée
2 groot wortels, in skywe gesny
100g groen bone, gekerf
2 aartappels, in skywe gesny
600ml bees aftreksel
1 eetlepel mielieblom (Maizena)

Metode
Sny enige vet van die vleis af en sny dit in klein blokkies. Krui met sout en peper. Gooi die vleis in die meelblom. Verhit 2 eetlepels olie in 'n groot oondskottel. Voeg die vleis in sarsies by en braai sodat dit geseël is aan alle kante.
Verhit die oorblywende olie in 'n braaipan. Voeg die uie by en braai liggies vir 3 - 4 minute. Roer die knoffel by en braai vir 'n verdere 2 minute.
Voeg die uie, knoffel, sampioene, tomatie purée, wortels, groen bone, aartappels en bees aftreksel by die vleis. Bring dit tot kookpunt. Verminder die hitte en sit die deksel op. Prut vir 11/4 uur, of totdat die vleis sag is.
Meng die mielieblom met 1 teelepel water. Roer by die bredie in en kook vir 1 minuut. Voeg kruie/smaakmiddels by en bedien.

VARIASIE
Indien verkies, gebruik die selfde hoeveelheid vark boudvleis of skouervleis in plaas van die kruisskyf. Vervang die groen bone met gevriesde ertjies.

KAAPSE KERRIE

Bestanddele
2 uie, in ringe gesny
15ml vars gemmerwortel, gerasper
1 heel kaneelstok
6 kardomonsade,gekneus(opsioneel)
1kg stoweskaapvleis, in blokkies gesny
15ml matige kerriepoeier
15ml borrie
2ml neutmuskaat
1ml rooipeper
20ml suiker
4 knoffelhuisies, fyngedruk
1 groen soetrissie, in repe gesny
1 lourierblaar
olie om in te braai
sout en varsgemaalde peper
15ml fyn komynsaad(jeera)
5ml fyn koljander
5ml gemengde kruie
410g heel, tamaties,fyn gekap
sap van halwe suurlemoen

Metode
Soteer die ui, knoffel, gemmerwortel en soetrissie saam met die heel speserye in 'n klein
bietjie olie in 'n groot kastrol tot sag. Geur die vleisblokkies na smaak met sout en peper
en braai bietjie vir bietjie tot bruin. Voeg die res van die geurmiddels buiten die suiker
by en roerbraai nog vir sowat een minuut. Voeg die tamaties by. Verlaag die hitte en prut
en prut tot die vleis sag en gaar en die sous lekker dik is. (Gooi nog 'n bietjie water of
hoenderaftreksel by indien die kerrie droogkook.) Geur met suiker en suurlemoensap asook
nog sout en peper indien nodig.

TAMATIEBREDIE

Bestanddele
1 tot 1½ kg skaapribbetjies, in stukke gekap, of 1 kg skaapbors in stukke gesny
1 kg tamaties (8 middelmatiges)
2 middelmatige uie
6 peperkorrels
1 e botter
1 e meelblom
Sout en peper na smaak (omtrent 2 t sout)
2 t suiker
4 aartappels

Metode
1. Vee die vleis skoon af met ʼn klam doek.
2. Skil die tamaties en uie en sny hulle stukkend. Om die tamaties te skil, gooi kokende
water oor die tamaties en laat hulle 1 tot 2 minute lank daarin lê. Haal hulle uit en
domel in ʼn bak koue water.Trek die skilletjies af met behulp van ʼn mes.
3. Braai die uieskywe bruin in warm vet of olie in ʼn swaar kastrol.
4. Voeg die vleis daarby en gooi 1 koppie warm water by.
5. Sit die deksel op en laat dit 2 uur lank of tot dit sag is, stadig stowe.
Voeg die tamaties, aartappels, peperkorrels, suiker, sout en peper by nadat dit 1 uur
Lank gestowe het.
6. Verdik die sous met die meel en gesmelte botter wat saam gemeng is.
7. Dien op saam met gekookte rys.
L.W. - Beesvleis kan op dieselfde manier voorberei word. Gebruik skenkelstuk,
Borsstuk, dunlies of stertstuk, in klein stukkies gesny. In plaas van vars tamaties kan ʼn blikkie tamatiepasta, verdun met water, gebruik word.

 



W3.CSS Template


This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website?
Sign up for free